Acts 28:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van daar af, toe die broeders van ons hoor, het hulle ons tegemoet gekom tot by die forum van Appii en die drie kroeë; en toe Paulus dit sien, het hy God gedank en moed geskep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gelowiges in Rome het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet en ander by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat. |
| Afrikaans 1983 | Die gelowiges daar het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet en party by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die broers daar wat die dinge oor ons gehoor het, het ons by die Forum van Appius en die Drie Herberge kom ontmoet. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die gelowiges wat in Rome gewoon het, het gehoor dat ons kom. Hulle het ons kom groet. Party van hulle het ons kom groet by die Mark van Appius, en party van hulle het ons kom groet by die Drie Herberge. Toe Paulus die gelowiges sien wat van Rome kom, het hy gebid en vir God dankie gesê en hy het sterk gevoel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gelowiges in Rome het gehoor dat ons op pad was. Sommige van hulle het ons langs die pad kom ontmoet. Een groep het ons reeds by die Appiusmark ingewag, en ’n ander groep by die Drie Herberge. Paulus was so bly dat hy daar voor almal vir God dankie gesê het. Nou het hy moed gehad vir dit wat voorlê. |