Acts 28:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná drie maande het ons vertrek met 'n skip van Alexandrië wat op die eiland oorwinter het, waarvan die teken Castor en Pollux was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na drie maande is ons daar weg met ’n skip wat by die eiland oorwinter het, ’n Aleksandrynse skip met die Dioskuri as boegbeeld. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ndrie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandr¡ë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het. |
| Afrikaans 1983 | Na drie maande het ons vertrek met die Dioskuri, 'n Aleksandrynse skip, wat daar oorwinter het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná drie maande het ons vertrek met 'n skip wat by die eiland oorwinter het. Dit was 'n skip uit Aleksandrië, met die Dioskuri as boegbeeld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Drie maande het verbygegaan. Toe het ons met 'n ander skip weggeseil van die eiland Malta. Die skip het van die stad Aleksandrië gekom en dit het daar by die eiland gewag totdat die winter verby was. Die skip se naam was Dioskuri. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na drie maande op Malta het ons Italië toe vertrek aan boord van ’n skip uit Aleksandrië, wat daar oorwinter het. Die skip se naam was die Dioskuri. |