Acts 27:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En, amper verby, kom hy by 'n plek wat genoem word Die mooi hawens; naby waar was die stad Lasea.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het toe met moeite langs Kreta op gevaar en uiteindelik ’n plek met die naam Mooi Hawens bereik, naby die stad Lasea.
Afrikaans 1933/1953 En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by 'n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Las,a is.
Afrikaans 1983 Ons het met moeite langs die kus op gevaar en 'n plek met die naam Mooi Hawens bereik, naby die stad Lasea.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat ons met moeite daarlangs verby beweeg het, het ons aangekom by 'n plek bekend as Mooi Hawens, wat naby die stad Lasea was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het verby Salmone geseil, maar ons het baie gesukkel. Toe het ons by 'n plek gekom, die plek se naam was Mooi Hawens. Dit was naby die stad Lasea.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ons uiteindelik daar verby is, het ons by ’n plek met die naam Mooi Hawens aangekom. Dit is naby die stad Lasea.