Acts 27:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die hoofman oor honderd, wat gewillig was om Paulus te red, het hulle van hulle voorneme weerhou; en het beveel dat die wat kon swem, hulle eers in die see moes werp en aan land kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Romeinse offisier wou Paulus red en het hulle gekeer om hulle plan uit te voer. Hy het die mense wat kon swem, beveel om eerste oorboord te spring en die land te probeer haal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom, |
| Afrikaans 1983 | Maar die Romeinse offisier wou Paulus red en het hulle verhinder om dit te doen. Hy het die mense wat kon swem, beveel om eerste oorboord te spring en land toe te swem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die centurio wou Paulus red, en het hulle plan verydel. Hy het die mense wat kon swem, beveel om eerste oorboord te spring en aan land te gaan, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die offisier wou vir Paulus red en hy het die soldate gekeer. Die soldate kon nie doen wat hulle wou doen nie. Toe het die offisier gesê dat almal wat kan swem, eerste in die see moet spring en hulle moet na die land swem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het gesê dat diegene aan boord wat kon swem, eerste in die see moes spring en land toe moes swem. |