Acts 27:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl die dag aanbreek, het Paulus almal gesmeek om voedsel te eet en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle vertoef en aanhou vas sonder dat julle niks geneem het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net toe die dag begin breek, het Paulus by almal aangedring om iets te eet: “Vandag is al die veertiende dag dat julle in spanning sonder kos wag, en niks eet nie,” het hy gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik. |
| Afrikaans 1983 | Net toe dit begin lig word, het Paulus almal aangespoor om te eet: “Vandag is dit al veertien dae dat julle in spanning wag sonder om iets te eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net voor dagbreek het Paulus by almal begin aandring om iets te eet. Hy het gesê: “Vandag is al die veertiende dag dat julle sonder kos bly wag en niks inneem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Net voor dit dag geword het, het Paulus almal bemoedig en hy het gesê hulle moet iets eet. Hy het gesê: “Julle is bang vir wat sal gebeur, en julle het 14 dae lank nie geëet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe dit dag begin word, het Paulus almal aangemoedig om te eet. “Dit is nou die veertiende dag dat ons sonder kos klaarkom,” het hy gesê. |