Acts 27:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volgende dag het ons by Sidon aangeraak. En Julius het Paulus hoflik gesmeek en hom die vryheid gegee om na sy vriende te gaan om homself te verkwik.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het die volgende dag in Sidon aangekom. Julius was tegemoetkomend teenoor Paulus, en het hom toegelaat om na sy vriende toe te gaan om hom te voorsien van wat hy nodig het.
Afrikaans 1933/1953 En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Julius het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.
Afrikaans 1983 Ons het die volgende dag in Sidon aangekom. Julius was tegemoetkomend teenoor Paulus en het hom toegelaat om sy vriende te besoek. Hulle het hom van die een en ander voorsien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende dag het ons by Sidon anker gegooi, en Julius het heel welwillend teenoor Paulus opgetree en hom toegelaat om na sy vriende te gaan en om hulle sorg te geniet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende dag het die skip by die stad Sidon aangekom. Julius was vriendelik met Paulus. Julius het gesê Paulus mag na sy vriende in Sidon gaan sodat hulle vir hom kan sorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende dag het ons skip in Sidon aangekom. Julius, die Romeinse bevelvoerder, het Paulus toegelaat om gou ’n paar vriende daar te besoek.