Acts 27:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons het in 'n skip van Adramyttium geklim, ons het te water gelaat, bedoelende om langs die kusgebiede van Asië te vaar; ene Aristarchos, 'n Masedoniër van Tessalonika, by ons.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir die vaart het ons aan boord gegaan van ’n skip van Adramittium wat by verskeie hawens van die provinsie Asië sou aandoen. Saam met ons was Aristargus, ’n Masedoniër van Tessalonika.
Afrikaans 1933/1953 En nadat ons in 'n skip van Adram¡ttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, en Arist rchus van Macedonië, 'n man van Thessalon¡ka, was saam met ons.
Afrikaans 1983 Ons het weggevaar aan boord van 'n skip van Adramittium wat by die hawens van die provinsie Asië sou aandoen. Saam met ons was Aristargos, 'n Masedoniër van Tessalonika.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het aan boord gegaan van 'n skip uit Adramittium wat gereed was om na plekke langs die kus van Asië te vaar, en toe weggeseil. Aristargus, 'n Macedoniër uit Thessalonika, was saam met ons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het op 'n skip geklim wat na die stad Adramittium sou seil, want ons wou gaan na plekke in die provinsie Asië. Die skip het begin seil. Aristargus was ook saam met ons. Hy was 'n man van die stad Tessalonika in die provinsie Masedonië.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het met ’n skip uit Adramittium gereis wat op pad was na ’n paar hawens in Asië.