Acts 27:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe daar besluit was dat ons na Italië moes vaar, het hulle Paulus en sekere ander gevangenes oorgegee aan een met die naam van Julius, 'n hoofman oor honderd uit die bende van Augustus.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe daar besluit is dat ons per skip Italië toe moes reis, het hulle Paulus en ’n paar ander gevangenes aan Julius, ’n offisier oor honderd man van die keiserlike regiment, oorhandig.
Afrikaans 1933/1953 En toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Julius.
Afrikaans 1983 Toe ons vertrek na Italië toe bepaal was, het hulle Paulus en 'n paar ander gevangenes aan Julius, 'n offisier van die keiserlike regiment, oorhandig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe daar besluit is dat ons na Italië moes vaar, het hulle Paulus en 'n paar ander gevangenes uitgelewer aan 'n centurio van die keiserlike kohort soldate met die naam Julius.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare het besluit dit is tyd dat Paulus en ons met 'n skip na die land Italië moet seil. Die soldate het toe vir Paulus en party ander gevangenes vir Julius gegee. Julius was die offisier van 'n groep soldate van die keiser.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat die reëlings klaar was vir die seereis na Italië waar Paulus voor die keiser moes gaan verskyn, is hy en ’n groep ander gevangenes in die sorg van ’n Romeinse kaptein genaamd Julius geplaas. Hy was ’n offisier in die keiserlike regiment. Ek, Lukas, en Aristargos, ’n gelowige uit Tessalonika in die Romeinse provinsie Masedonië, het Paulus vergesel.