Acts 26:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarop die belofte ons twaalf stamme hoop om te kom, wat God dadelik dag en nag dien. Om hierdie hoop, koning Agrippa, word ek van die Jode beskuldig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is juis hierdie belofte wat ons volk se twaalf stamme hoop om te verkry, wat maak dat hulle God dag en nag met volle inspanning dien. En nou is dit oor hierdie hoop, U Majesteit, dat ek deur die Jode aangekla word! |
| Afrikaans 1933/1953 | waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agr¡ppa, word ek deur die Jode beskuldig. |
| Afrikaans 1983 | Ons twaalf stamme dien God nougeset dag en nag juis omdat hulle die hoop het dat Hy sal doen wat Hy belowe het. Oor hierdie hoop, U Majesteit, word ek deur die Jode beskuldig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die belofte wat ons twaalf stamme hoop om te verkry deurdat ons God dag en nag in alle erns dien. O koning, dit is oor hierdie hoop dat ek deur die Jode aangekla word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons twaalf stamme hou aan om vir God te dien, want ons weet en hoop dat God sal doen wat Hy belowe het. Ja, koning Agrippa, die Jode beskuldig my omdat ek weet en hoop dat God sal doen wat Hy belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek glo dieselfde dinge as dié waaraan al die Israeliete nog die hele tyd vasgehou het. Hulle het ook geglo dat God sal doen wat Hy belowe het. |