Acts 26:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat my van die begin af geken het, as hulle wou getuig, dat ek ná die mees benadeelde sekte van ons godsdiens 'n Fariseër gelewe het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle weet dus al lankal, as hulle bereid is om daaroor te getuig, dat ek my lewe ingerig het ooreenkomstig die strengste party van ons godsdiens, naamlik die Fariseërparty. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hulle my van die tyd af geken het, as hulle dit wil betuig, hoe ek volgens die strengste party van ons godsdiens as Fariseër geleef het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle ken my al lankal en kan getuig, as hulle wil, dat ek my hele lewe lank lid was van die Fariseërs, die strengste party van ons godsdiens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat hulle my van jongs af ken, sal hulle kan getuig, as hulle wil, dat ek volgens die strengste party in ons godsdiens, as •Fariseër geleef het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle ken my 'n lang tyd. As hulle wil, dan sal hulle kan sê dat ek die waarheid praat wanneer ek sê dat ek 'n Fariseër was en dat ek gelewe het soos die Fariseërs. Die Fariseërs is die strengste groep in ons godsdiens, hulle lewe presies soos die wette sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As een van hulle die moed sou gehad het om vandag hier op te staan, sou hulle vir u kon sê dat ek ’n lid was van die Fariseërs, die strengste godsdienstige groep binne ons godsdiens. |