Acts 26:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Veral omdat ek weet dat jy kundig is in alle gebruike en vrae wat onder die Jode is; daarom smeek ek jou om my geduldig te verhoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | veral omdat u soveel ondervinding het van al die Joodse gebruike en kwessies. Luister daarom asseblief geduldig na my! |
| Afrikaans 1933/1953 | veral omdat u bekend is met al die sedes en vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor. |
| Afrikaans 1983 | veral omdat u so goed bekend is met al die Joodse gebruike en twisvrae. Ek versoek u dus om geduldig na my te luister. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | veral omdat u op hoogte is van al die gebruike en strydvrae onder die Jode. Dus versoek ek u om geduldig na my te luister. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is nog meer bly omdat jy weet hoe die Jode lewe en waaroor ons stry. Daarom vra ek mooi vir jou om geduldig te luister terwyl ek praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U ken immers al die Joodse tradisies. En natuurlik weet u ook van al ons godsdienstige verskille. |