Acts 26:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hy dit vir homself spreek, sê Festus met 'n groot stem: Paulus, jy is buite jouself; baie geleerdheid maak jou kwaad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hy nog só met sy verdediging besig was, skreeu Festus kliphard: “Jy’s van jou kop af, Paulus! Jou baie studies het veroorsaak dat jy van jou kop af geraak het!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met 'n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Paulus hom nog so verdedig, skreeu Festus: “Jy's mal, Paulus! Jou groot geleerdheid maak jou mal!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Paulus hierdie dinge ter verdediging aanvoer, roep Festus hardop uit: “Jy is waansinnig, Paulus! Jou groot geleerdheid dryf jou tot waansin!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Terwyl Paulus gepraat het en gesê het hoekom hy onskuldig is, het Festus hard geskree en gesê: “Paulus, jy is mal! Jy het te veel dinge geleer, en dit maak jou mal!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Paulus se woorde het Festus baie omgekrap. Toe hy dit nie meer kon uithou nie, het hy skielik geskree: “Jy is mal, Paulus! Jou groot geleerdheid is besig om jou van jou kop af te dryf.” |