Acts 26:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dat Christus sou ly en dat Hy die eerste sou wees wat uit die dood sou opstaan en lig aan die mense en die heidene sou gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Messias moes ly en die eerste wees van die dooies wat opstaan. So sou Hy aan ons volk en aan die nie-Joodse nasies die lig verkondig.”
Afrikaans 1933/1953 dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.
Afrikaans 1983 Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) naamlik dat die Christus moes ly, en die eerste uit die opstanding van die dooies moes wees, om aan sy volk en aan die heidene die lig te verkondig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is geskryf dat die Christus baie swaar moes kry en dat Hy die eerste Persoon sal wees wat gesterf het en wat weer begin lewe het. Dan sal die Christus vir almal vertel dat God hulle red, die Jode en die heidene. Hulle sal wees soos mense wat in die donker is en dan die lig sien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het lankal gesê dat die Messias moet kom ly. Hulle het ook gesê dat Hy uit die dood sou opstaan. Weet u, Jesus is die heel belangrikste Persoon wat nog ooit uit die dood opgestaan het. Daarom bring Hy redding vir alle mense op aarde. Hy is die lig vir almal wat in die donker leef, vir Jode en nie-Jode.”