Acts 26:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nadat ek dan die hulp van God verkry het, gaan ek voort tot vandag toe om vir klein en groot te getuig en niks anders te sê as wat die profete en Moses gesê het sou kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Tot vandag toe het God my beskerm, en daarom staan ek hier en getuig voor klein en groot. Ek verkondig niks anders as wat die profete en Moses gesê het gaan gebeur nie:
Afrikaans 1933/1953 Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:
Afrikaans 1983 Omdat God my tot vandag toe bewaar het, staan ek hier as sy getuie voor klein en groot. Ek verkondig maar net waarvan die profete en Moses gepraat het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat ek God se bystand tot op hierdie dag ervaar het, staan ek voor klein en groot, en getuig oor niks anders as wat die Profete en Moses gesê het sal gebeur nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar God het my gehelp, tot vandag toe. Daarom staan ek hier en ek vertel vir almal van God, ek vertel dit vir kinders en vir grootmense. In die boeke van die profete en in die Wette van Moses is die dinge geskryf wat moes gebeur. Ek praat oor daardie dinge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar God was by my. Tot vandag toe het Hy my opgepas. Daarom kon ek aan almal wat ek raakgeloop het, klein en groot, sy wil bekendmaak. Nie ’n enkele woord wat ek ooit gesê het, is in stryd met wat die profete en Moses gesê het nie.