Acts 26:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Om hierdie redes het die Jode my in die tempel gevang en gegaan om my dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Oor hierdie prediking het sommige Jode my by die tempel gearresteer en probeer vermoor.
Afrikaans 1933/1953 Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring.
Afrikaans 1983 Daarom het die Jode my by die tempel aangeval en probeer vermoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hieroor het die Jode my gegryp toe ek in die tempelterrein was, en het hulle my probeer doodmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hoekom die Jode my in die tempel gevang het, dit is hoekom hulle my probeer doodmaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As gevolg van my prediking oor die hele wêreld was die Jode in Jerusalem later baie kwaad vir my. Toe ek op ’n keer in die tempel kom, het hulle my gevang en my amper doodgemaak.