Acts 26:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar het eers aan die van Damaskus en in Jerusalem en in al die gebiede van Judéa en daarna aan die heidene getoon dat hulle hulle tot bekering moet bekeer en hulle tot God moet bekeer en werke moet doen wat tot bekering pas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het eers vir die mense in Damaskus en in Jerusalem en toe deur die hele Judea en daarna vir die nie-Joodse nasies gepreek dat hulle tot inkeer moet kom en na God toe moet omdraai, terwyl hulle met hulle doen en late bewys dat hulle tot inkeer gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judia en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas. |
| Afrikaans 1983 | Ek het eers vir die mense in Damaskus en in Jerusalem en toe deur die hele Judea en daarna vir die heidennasies gepreek dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle bewys met dade wat by die bekering pas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar ek het eers aan die inwoners van Damaskus sowel as Jerusalem, en toe aan die hele landstreek van Judea en aan die heidene, verkondig dat hulle tot bekering moet kom en hulle na God moet keer deur werke te doen wat by die bekering pas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek het gaan preek, eers vir die mense wat in Damaskus woon, en toe vir die mense wat in Jerusalem woon, en toe oral in die provinsie Judea, en ook vir die heidene. Ek het vir hulle gesê hulle moet verander en begin lewe soos God wil hê. Ja, hulle moet teruggaan na God toe en hulle moet dinge doen wat wys dat hulle verander het en dat hulle lewe soos God wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir die mense in Damaskus gaan vertel om tot bekering te kom. Ek het vir hulle gesê om hulle lewe aan God te gee en om so te leef dat almal kan sien dat hulle in Hom glo. Daarna het ek presies dieselfde vir die mense in Jerusalem en in Judea gaan sê. Ek het ook na mense gegaan wat nie tot die Joodse volk behoort nie en vir hulle van Jesus vertel. |