Acts 26:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek dink ek is gelukkig, koning Agrippa, want ek sal my vandag voor jou verantwoording doen oor al die dinge waarvan ek deur die Jode beskuldig word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek ag myself gelukkig, koning Agrippa, dat ek my vandag juis voor u kan verdedig teen al die beskuldigings waarvan ek deur die Jode aangekla word, |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek ag my gelukkig, koning Agr¡ppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word, |
| Afrikaans 1983 | “Koning Agrippa, ek ag my gelukkig dat ek my vandag juis voor u teen al die beskuldigings van die Jode kan verdedig, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek ag myself gelukkig, koning Agrippa, dat ek my vandag voor u gaan verdedig teen alles waarvan ek deur die Jode aangekla is, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Koning Agrippa, die Jode beskuldig my en hulle sê ek het baie verkeerde dinge gedoen, maar ek is bly dat ek vandag voor jou kan staan en kan sê hoekom ek onskuldig is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Paulus het met ’n handgebaar gewys dat hy gereed was om te praat. Toe sê hy: “Geagte koning Agrippa, ek is baie bly dat ek juis voor u mag antwoord op die aanklagte wat die Jode teen my ingebring het. |