Acts 26:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar staan op en staan op jou voete, want met hierdie doel het Ek aan jou verskyn om jou 'n dienaar en 'n getuie te maak van beide hierdie dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek aan jou sal verskyn;
Afrikaans (NLV) 2011 Staan op! Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel. Jy moet vertel hoedat jy My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien.
Afrikaans 1933/1953 Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,
Afrikaans 1983 Maar staan op, staan regop. Ek het aan jou verskyn om jou as my dienaar aan te stel. Jy moet getuie wees van wat jy van My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar kom op jou voete, staan regop, want hiervoor het Ek aan jou verskyn: om jou aan te stel as dienskneg en getuie van dit wat jy van My gesien het en van dit waaroor Ek nog aan jou sal verskyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy moet opstaan. Ja, staan regop, want Ek het aan jou verskyn omdat Ek jou gekies het en omdat Ek jou wil aanstel om vir My te werk. Jy moet My dien en jy moet getuig van die dinge wat jy vandag gesien het. Jy moet ook getuig van die dinge wat Ek later vir jou sal wys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar staan nou dadelik op, want Ek het ’n baie spesiale taak vir jou. Ek het aan jou verskyn sodat jy van nou af my dienskneg kan wees.