Acts 25:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Festus, wat gewillig was om die Jode 'n plesier te doen, antwoord Paulus en sê: Sal jy optrek na Jerusalem en daar oor hierdie dinge voor my aangesig geoordeel word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Festus wou iets vir die Jode doen en sê toe vir Paulus: “Wil jy opgaan Jerusalem toe en dáár voor my oor hierdie dinge verhoor word?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar omdat Festus aan die Jode 'n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Paulus gesê: Wil jy na Jerusalem opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan? |
| Afrikaans 1983 | Maar Festus wou die Jode 'n guns bewys en sê vir Paulus: “Sou jy bereid wees dat ek jou oor hierdie saak in Jerusalem gaan verhoor?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Festus wou die Jode 'n guns bewys en het Paulus geantwoord: “Wil jy opgaan na Jerusalem en daar voor my verhoor word oor hierdie dinge?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Festus wou iets goed doen vir die Jode en hy het vir Paulus gevra: “Wil jy na Jerusalem gaan sodat ek jou daar kan oordeel oor hierdie sake?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Festus wou egter in die Jode se goeie boekies bly. Daarom het hy vir Paulus gevra: “Sien jy kans om Jerusalem toe te gaan sodat ek jou daar kan verhoor?” |