Acts 25:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy aankom, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom gestaan en baie en ernstige klagtes teen Paulus gelê wat hulle nie kon bewys nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Paulus in die hof verskyn, het die Jode wat van Jerusalem af gekom het, om hom gaan staan en hom van ’n hele klomp ernstige dinge beskuldig. Hulle kon egter niks bewys nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy verskyn, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom hom gestaan en baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebring wat hulle nie kon bewys nie,
Afrikaans 1983 Toe Paulus binnekom, het die Jode wat van Jerusalem af gekom het, om hom gaan staan en hom van 'n hele klomp ernstige dinge beskuldig, wat hulle nie kon bewys nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Paulus verskyn, het die Jode wat van Jerusalem af gekom het, om hom gaan staan en baie en ernstige aanklagte teen hom ingebring, wat hulle nie kon bewys nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate het vir Paulus gebring en toe het die Jode wat van Jerusalem gekom het, rondom hom gaan staan. Hulle het vir Paulus beskuldig en hulle het baie slegte dinge teen hom gesê, maar hulle kon dit nie bewys nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het dadelik met allerhande beskuldigings teen hom losgetrek. Natuurlik kon hulle niks daarvan bewys nie.