Acts 25:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hy meer as tien dae onder hulle vertoef het, het hy afgegaan na Cesaréa; en die volgende dag het hy op die regterstoel gesit en beveel dat Paulus gebring moes word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ongeveer agt dae, hoogstens tien, in Jerusalem deurgebring en toe afgegaan Sesarea toe. Die volgende dag het hy gereël dat die hof sit en Paulus laat haal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hy nie meer as tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Cesar,a afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Paulus voorgebring moes word. |
| Afrikaans 1983 | Hy het 'n dag of ag, hoogstens tien, daar deurgebring en toe na Sesarea toe teruggegaan. Die dag na sy aankoms daar het hy op die regbank gaan sit en beveel dat Paulus voor hom gebring moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het nie langer as agt tot tien dae by hulle gebly nie, en toe na Caesarea gegaan. Die volgende dag het hy op die regbank gaan sit en beveel dat Paulus gehaal word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Festus het nog omtrent ag of tien dae in Jerusalem gebly en toe het hy teruggegaan na Sesarea. Die volgende dag het hy op die regterstoel gaan sit en vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sowat agt of nege dae later het Festus na Sesarea teruggekeer. Die dag na sy aankoms het hy sy plek in die regsaal ingeneem en beveel dat Paulus voor hom moes verskyn. Soos een man het die Jode wat uit Jerusalem gekom het vorentoe gehardloop en om Paulus kom staan. |