Acts 25:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat hulle dan, sê hy, wat onder julle kan, saam met my aftrek en hierdie man aankla as daar enige goddeloosheid in hom is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dié onder julle,” het hy gesê, “wat die bevoegdheid daartoe het, kan dan saam met my gaan. As die man iets onwettigs begaan het, kan julle hom aankla.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat dan die onder julle, sê hy, wat bevoeg is, saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig. |
| Afrikaans 1983 | Julle bekwaamste manne kan dan saam met my gaan en hom aankla as hy iets verkeerds gedoen het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Laat diegene onder julle wat bevoeg is, dan saamgaan,” het hy gesê, “en laat hulle hom aankla as daar enigiets onwettigs by hierdie man te vinde is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê: “Dan kan julle leiers saam met my na Sesarea gaan, en as Paulus iets verkeerd gedoen het, dan kan julle hom beskuldig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle kan, as julle wil, julle bekwaamste regsgeleerdes saam met my stuur,” het Festus gesê. “Hulle kan die man dan kom aankla as hy iets verkeerds gedoen het.” |