Acts 25:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Festus sê: Koning Agrippa en al die manne wat hier saam met ons is, julle sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode met my gehandel het, sowel in Jerusalem as ook hier, en roep dat hy nie moes lewe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Festus: “Koning Agrippa en al die mans hier saam met ons teenwoordig, julle sien hierdie man teen wie die hele Joodse gemeenskap in Jerusalem en hier plaaslik ’n aanklag by my aanhangig gemaak het. Hulle het geskreeu dat hy nie langer behoort te lewe nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Festus: Koning Agr¡ppa en manne wat almal hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode my aangespreek het in Jerusalem en ook hier, en uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie.
Afrikaans 1983 Toe sê Festus: “Koning Agrippa en almal hier teenwoordig, kyk, dit is die man teen wie al die Jode in Jerusalem en hier 'n aanklag by my ingebring het. Hulle het geskreeu dat hy nie langer behoort te lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Festus: “Koning Agrippa, en al die mans hier saam met ons teenwoordig, kyk, hier is die man oor wie die hele skare Jode in Jerusalem, en ook hier, 'n beroep op my gedoen het, terwyl hulle luidkeels te kenne gegee het dat hy nie langer behoort te leef nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Festus het gesê: “Koning Agrippa en al die mense wat hier is, julle moet kyk hoe lyk hierdie man! Toe ek in Jerusalem was en ook hier in Sesarea, het al die Jode gekla oor hom. Hulle het geskree en gesê hy mag nie meer lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Koning Agrippa en ander geëerde gaste,” het Festus gesê, “hier is die man oor wie dit alles gaan. ’n Groot aantal Jode het my eers daar in Jerusalem, en later ook hier, gevra om hom dood te maak. Hulle voel baie sterk daaroor dat hy nie verdien om langer te leef nie.