Acts 25:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Paulus 'n beroep gedoen het om voor die verhoor van Augustus gereserveer te word, het ek beveel dat hy bewaar moes word totdat ek hom na die keiser kon stuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Paulus het geappelleer om onder arres te bly met die oog op ’n beslissing deur Sy Edele die Keiser. Ek het toe beveel dat hy onder arres bly totdat ek hom keiser toe kan stuur.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar toe Paulus in beroep gegaan het om in bewaring te bly vir die beslissing van die keiser, het ek bevel gegee dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur. |
| Afrikaans 1983 | Maar Paulus het hom op die keiser beroep. Hy wou liewer gevangene bly en deur die keiser verhoor word. Ek het toe beveel dat hy aangehou moet word totdat ek hom na die keiser toe kan stuur.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar aangesien Paulus hom daarop beroep het om in aanhouding te bly vir 'n beslissing deur Sy Majesteit, het ek beveel dat hy aangehou word totdat ek hom na die keiser kan stuur.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Paulus het gesê hy wil in die tronk bly en hy wil na die keiser toe gaan sodat die keiser kan besluit of hy skuldig is. Daarom het ek gesê hy moet in die tronk bly totdat ek hom na die keiser toe kan stuur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het hom toe beroep op sy reg om deur die keiser verhoor te word. Daarom het ek beveel dat hy in die tronk moet bly totdat ek hom na die keiser toe kan stuur.” |