Acts 25:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En omdat ek aan sulke vrae getwyfel het, het ek hom gevra of hy na Jerusalem sou gaan, en daar oor hierdie sake geoordeel word.
Afrikaans (NLV) 2011 Ék het geen idee gehad hoe om hierdie tipe saak te ondersoek nie, en het hom daarom gevra of hy gewillig sou wees om Jerusalem toe te gaan en daar oor hierdie dinge verhoor te word.
Afrikaans 1933/1953 En omdat ek met die ondersoek hiervan verleë was, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan;
Afrikaans 1983 Omdat ek nie geweet het hoe om hierdie saak te hanteer nie, het ek gevra of hy gewillig sou wees om Jerusalem toe te gaan en daar oor hierdie dinge verhoor te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat ek nie raad geweet het met die ondersoek na hierdie sake nie, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan om daar op hierdie aanklagte tereg te staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het nie geweet hoe om vrae oor daardie dinge te vra nie. Daarom het ek vir Paulus gevra of hy na Jerusalem wil gaan sodat ek hom daar kan oordeel oor hierdie sake.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Omdat ek nie mooi geweet het wat om te doen nie, het ek die gevangene gevra of hy Jerusalem toe wou gaan om daar verhoor te word. Maar hy het geweier.