Acts 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Teen wie die aanklaers opgestaan het, hulle geen beskuldiging gebring het van sulke dinge soos ek gedink het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy aanklaers het om hom gestaan en hom beskuldig, maar nie van ernstige misdade soos ék verwag het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die beskuldigers het teen hom opgetree en geen beskuldiging ingebring van dinge soos ek verwag het nie, |
| Afrikaans 1983 | Sy aanklaers het om hom gaan staan en hom beskuldig, maar nie van ernstige misdade soos ek verwag het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die aanklaers het opgestaan, maar geen beskuldiging van die soort misdrywe wat ek verwag het, teen hom ingebring nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Jode het opgestaan en hulle het hom beskuldig. Ek het gedink hulle sal vertel van die slegte dinge wat hy gedoen het, maar hulle het niks slegte dinge teen hom gesê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy inkom, het sy aanklaers met hulle aanklagte teen hom losgetrek. Ek was verbaas om te hoor dat hy nie van ’n misdaad beskuldig is nie. |