Acts 25:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan wie ek geantwoord het: Dit is nie die manier van die Romeine om iemand aan die dood oor te gee nie, voordat hy wat beskuldig word, die beskuldigers van aangesig tot aangesig het en vergunning het om vir homself te antwoord oor die misdaad wat teen hom gelê is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het hulle geantwoord dat dit nie die Romeinse gebruik is om iemand sommer net as guns uit te lewer nie. Die beskuldigde moet eers geleentheid kry om homself persoonlik in die teenwoordigheid van sy aanklaers te verdedig.
Afrikaans 1933/1953 En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens by wyse van guns aan die dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.
Afrikaans 1983 Ek het hulle geantwoord dat dit nie die Romeinse gebruik is om 'n beskuldigde as guns uit te lewer nie. Hy moet eers geleentheid kry om hom voor sy aanklaers teen hulle beskuldiging te verdedig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het hulle geantwoord dat dit nie 'n Romeinse gebruik is om enige mens oor te lewer voordat die aangeklaagde die geleentheid gekry het om hom van aangesig tot aangesig voor sy aanklaers te verdedig teen die beskuldiging nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ek het vir hulle gesê die Romeine doen dit nooit nie. Die Romeine maak eers seker dat iemand skuldig is en dan gee hulle hom vir die mense sodat hulle hom kan oordeel. Wanneer mense sê iemand is skuldig, dan moet daardie man hulle kan sien en kan hoor wat hulle sê, en dán moet hy sê hoekom hy nie skuldig is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het hulle geantwoord dat dit nie die manier is waarop ons Romeine te werk gaan nie. Ons lewer mense nie aan ander uit om hulle ’n guns te bewys nie. Ons maak eers seker dat die aangeklaagde ’n behoorlike kans gehad het om hom voor sy aanklaers te verdedig.