Acts 25:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van wie, toe ek in Jerusalem was, die owerpriesters en die oudstes van die Jode my in kennis gestel het, omdat hulle 'n oordeel teen hom wou hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By my aankoms in Jerusalem het die priesterhoofde en die familiehoofde van die Jode my oor hom ingelig en van my ’n skuldigbevinding teen hom gevra. |
| Afrikaans 1933/1953 | teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem was, 'n klag ingedien en vonnis teen hom gevra het. |
| Afrikaans 1983 | By my aankoms in Jerusalem het die priesterhoofde en die familiehoofde van die Jode 'n aanklag teen hom ingebring en my gevra om hom skuldig te bevind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ek na Jerusalem gegaan het, het die leierpriesters en die familiehoofde van die Jode aanklagte teen hom ingedien en versoek dat hy veroordeel word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe ek in Jerusalem was, het die priesterleiers en die ouderlinge vir my vertel van die man, en hulle het gevra dat ek hom moet oordeel en moet sê hy is skuldig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe ek in Jerusalem was, het die godsdienstige leiers van die Jode hierdie man van baie dinge beskuldig en gevra dat ek hom skuldig moes bevind. |