Acts 25:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle baie dae daar was, het Festus die saak van Paulus aan die koning bekend gemaak en gesê: Daar is 'n sekere man wat deur Felix in boeie agtergelaat is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ’n hele paar dae daar deurgebring, en Festus het Paulus se saak met die koning bespreek: “Hier is ’n gevangene wie se verhoor Feliks ná sy vertrek aan my oorgelaat het.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak van Paulus aan die koning voorgelê en gesê: Hier is 'n man deur Felix as gevangene agtergelaat,
Afrikaans 1983 Hulle het 'n paar dae daar deurgebring, en Festus het Paulus se saak by die koning ter sprake gebring: “Hier is iemand wat deur Feliks as gevangene agtergelaat is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aangesien hulle 'n hele paar dae daar deurgebring het, het Festus Paulus se saak aan die koning voorgelê en gesê: “Hier is 'n man wat deur Feliks as gevangene agtergelaat is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Agrippa en Bernice was lank daar, en Festus het vir die koning vertel wat met Paulus gebeur het. Hy het gesê: “Toe Feliks weggegaan het, het hy hier 'n man in die tronk gelos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n paar dae het Festus vir Agrippa van die saak teen Paulus vertel. “My voorganger, Feliks, het ’n gevangene hier in die tronk agtergelaat,” het hy gesê.