Acts 25:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as ek 'n oortreder is of iets gepleeg het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterf nie; Ek doen 'n beroep op Caesar.
Afrikaans (NLV) 2011 As ek skuldig is en dinge gedoen het wat die dood verdien, probeer ek die dood nie ontduik nie. Aangesien alles waarvan hulle my beskuldig egter blote versinsels is, kan niemand my sommer maar net aan hulle uitlewer nie. Ek appelleer na die keiser!”
Afrikaans 1933/1953 Want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie. Maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle by wyse van guns oorlewer nie. Ek beroep my op die keiser!
Afrikaans 1983 As ek skuldig is en iets gedoen het wat die doodstraf verdien, is ek bereid om te sterwe. Maar as daar niks in hulle beskuldigings teen my steek nie, kan niemand my as guns aan hulle uitlewer nie. Ek beroep my op die keiser.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek wel oortree het en iets gedoen het wat die dood verdien, probeer ek nie die dood vermy nie. Maar as daar niks steek in die dinge waarvan hulle my aankla nie, kan niemand my aan hulle oorgee nie. Ek beroep my op die keiser!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As ek iets verkeerd gedoen het sodat ek moet sterf, dan moet die keiser my straf en hy moet my laat doodmaak. Maar as die Jode my beskuldig het en ek is onskuldig, dan mag niemand my vir die Jode gee sodat hulle met my kan doen wat hulle wil nie. Nee, ek wil voor die regterstoel van die keiser gaan staan, die keiser moet my oordeel!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het niks verkeerds teen hulle gedoen nie. U weet dit baie goed. As ek ’n oortreding begaan het wat die doodstraf verdien, is ek bereid om my straf te dra. Dan kan u my sommer hier en nou teregstel. Maar as die Jode se beskuldigings teen my nie bewys kan word nie, het niemand die reg om my aan hulle uit te lewer om hulle ’n guns te probeer bewys nie. Nou beroep ek my op my reg om deur die keiser self verhoor te word.”