Acts 24:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ons het hierdie man gevind as 'n pessiekte en 'n oproermaker onder al die Jode oor die hele wêreld, en 'n voorman van die sekte van die Nasareners.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het bevind dat hierdie man ’n absoluut verderflike invloed is. Hy maak dat al die Jode oor die hele wêreld in opstand kom. Hy is ’n leier van die Nasarener-splintergroep.
Afrikaans 1933/1953 Want ons het gevind dat hierdie man 'n pes is en 'n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en 'n voorman van die sekte van die Nasar,ners,
Afrikaans 1983 “Ons beskou hierdie man as 'n gevaar vir die samelewing. Hy bring skeuring in die Joodse geledere dwarsdeur die wêreld. Hy is 'n leier van die dwaalrigting van die Nasareners.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het gevind dat hierdie man 'n pes is, en dat hy onder al die Jode in die wêreld onluste veroorsaak. Hy is 'n leier van die Nasarenersekte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het uitgevind dat hierdie man oral baie probleme maak. Hy maak Jode oral in die wêreld opstandig teen die regering en hy is 'n leier van die groep mense wat verkeerde dinge glo, hulle glo in Jesus van Nasaret.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hierdie man wat voor u staan, is ’n baie groot gevaar vir ons almal. Hy versteur die rus en vrede onder die Jode oor die hele wêreld. Hy is een van die voorbokke in daardie sekte van die Nasareners.