Acts 24:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het 'n hoofman oor honderd bevel gegee om Paulus te bewaar en hom vry te laat, en dat hy niemand van sy bekendes sou verbied om hom te bedien of na hom toe te kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die offisier oor honderd man beveel om Paulus nog aan te hou, maar hom spesiale behandeling te gee en sy eie mense nie te verhoed om vir hom te sorg nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.
Afrikaans 1983 Hy het die kaptein beveel om Paulus nog aan te hou, maar om hom minder streng te behandel en sy mense ook toe te laat om vir hom te sorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die centurio opdrag gegee om Paulus aan te hou, maar om hom meer vryheid te gun en nie één van sy eie mense te verhinder om vir hom te sorg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Feliks vir die hoof-offisier gesê dat Paulus in die tronk moes bly, maar hy het gesê die soldate moenie baie kwaai wees met Paulus nie. Hy het gesê dat Paulus se vriende hom mag besoek en dat hulle vir hom alles mag bring wat hy nodig het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Feliks een van sy kapteins beveel om Paulus weer te laat opsluit. Hy het Paulus nou egter heelwat meer vryhede toegelaat en sy vriende kon hom besoek.