Acts 24:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Felix hierdie dinge hoor, met 'n beter kennis van daardie weg, het hy dit uitgestel en gesê: Wanneer Lísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek die uiterste van jou saak weet.
Afrikaans (NLV) 2011 Feliks, wat nogal baie van “Die Pad” geweet het, het toe die verhoor uitgestel en gesê: “Wanneer die offisier oor duisend man, Lisias, kom, sal ek oor julle saak beslis.”
Afrikaans 1933/1953 Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer L¡sias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.
Afrikaans 1983 Hier het Feliks, wat die besonderhede in verband met die leer van Christus taamlik goed geken het, die verhoor onderbreek. “Wanneer Lisias, die kommandant, kom, sal ek julle saak afhandel,” het hy gesê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Feliks, wat goed vertroud was met die feite oor die Weg, het die verhoor verdaag en gesê: “Wanneer Lisias, die chiliarg, aankom, sal ek oor julle saak besluit.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Feliks het baie geweet van “Die Pad.” En hy het gesê dat al die Jode wat daar was, eers moet weggaan. Hy het gesê: “Wanneer Lisias, die hoof-offisier, kom, dan sal ek besluit wie is reg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Feliks na Paulus se verdediging geluister het, het hy besluit om die saak uit te stel. Hy het meer van die Christendom af geweet as wat hy wou voorgee. Maar hy het vir tyd gespeel omdat hy nie die Jode se goedgesindheid wou verloor nie. Daarom het hy vir hulle gesê: “Wanneer Lisias, die Romeinse bevelvoerder in Jerusalem, hier opdaag en ek ook na sy kant van die saak geluister het, sal ek ’n uitspraak in hierdie saak lewer.”