Acts 24:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Behalwe vir hierdie een stem, het ek geroep terwyl ek tussen hulle staan: Aangaande die opstanding van die dooies word ek vandag deur julle in twyfel getrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Of miskien was dit oor hierdie een stelling wat ek uitgeroep het toe ek in hulle midde gestaan het: ‘Ek staan vandag hier voor julle tereg omdat ek aan die opstanding van die dooies glo!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg! |
| Afrikaans 1983 | Al wat ek daar vir hulle gesê het, was: Ek staan vandag hier voor julle tereg omdat ek aan die opstanding van die dooies glo.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | behalwe as dit gaan oor hierdie een ding wat ek uitgeroep het toe ek tussen hulle gestaan het, ‘Ek staan vandag voor julle tereg oor die opstanding van die dooies!’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien is daar een ding wat ek gesê het wat hulle dink is verkeerd. Ek het een ding geskree en gesê toe ek voor hulle gestaan het. Ek het gesê: ‘God sal mense wat gesterf het, weer laat lewe. Dit is hoekom ek vandag hier is, en dit is hoekom julle my moet oordeel.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir hulle gesê: ‘Ek staan voor julle omdat ek in die opstanding van die dooies glo.’” |