Acts 24:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy geroep is, het Tertullus hom begin beskuldig en gesê: Aangesien ons deur u groot stilte geniet en dat baie waardige dade aan hierdie nasie gedoen word deur u voorsienigheid,
Afrikaans (NLV) 2011 Paulus is ingeroep en Tertullus het die aanklag begin voorhou: “Hooggeagte Feliks, deur u toedoen lewe ons nou al lank in vrede, en deur u beleid het daar vir ons volk goeie transformasie plaasgevind.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy opgeroep is, begin Tertullus hom beskuldig en sê:
Afrikaans 1983 Paulus is ingeroep, en Tertullus het met die aanklag voor Feliks begin: “U Edele, onder u lewe ons in rus en vrede, en deur u beleid het daar verbeteringe vir hierdie volk ingetree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Paulus ingeroep is, het Tertullus met die aanklag begin en gesê: “Deur u toedoen leef ons in groot vrede, en deur u voorsorgmaatreëls het daar verbeteringe vir hierdie volk gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die goewerneur het vir Paulus laat roep. Toe het Tertullus met die goewerneur gepraat en hy het vir Paulus begin beskuldig. Tertullus het gesê: “Geagte goewerneur Feliks, jy het baie vrede vir ons mense gebring. En jy het gedink wat in die toekoms sal gebeur, en toe het jy baie goeie planne gemaak, planne wat ons volk help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Paulus by die goewerneur kom aankla. Paulus is voor die regbank van Feliks gebring. Tertullus het dadelik begin om die Joodse owerhede se saak teen Paulus te stel: “Hooggeagte Feliks,” het hy gesê,