Acts 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het sekere Jode uit Asië my gereinig in die tempel gevind, nie met menigte of met rumoer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek was nog besig met die offer in die tempel, pas klaar met die reinigingshandeling, toe hulle my kry. Daar was nie ’n skare nie en ook geen oproer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met 'n skare of met 'n opskudding nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe ek met die offers besig was, het hulle my in die tempel gekry. Ek was klaar met die reinigingshandeling, en daar was nie 'n skare of 'n gedrang om my nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek was besig hiermee, en het my al gereinig, toe hulle my op die tempelterrein aantref. Daar was nie 'n skare nie, en daar was ook nie oproer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [18-19] Jode uit die provinsie Asië het my in die tempel gekry nadat ek my laat reinig het. Daar was nie baie mense by my nie, niemand wat geskree en geraas het nie. Dit sou goed gewees het as daardie Jode hiér was om my te beskuldig, maar hulle sal niks verkeerd teen my kan sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek daarmee klaar was, het ek teruggekom om dit aan hulle te oorhandig. Ek wou ook in die tempel ’n offer aan God bring. Daarom het ek my eers weer in die tempel laat reinig sodat ek na my verblyf in die buiteland weer rein genoeg kon wees om ’n offer te bring. Ek het dit alles sonder ’n groot bohaai gedoen. Toe ek klaar was daarmee het ’n paar Jode uit Asië my in die tempel raakgeloop. Dit is hulle wat toe ’n groot lawaai opgeskop het. Eintlik moes hulle ook hier gewees het om my voor u aan te kla. |