Acts 24:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit bely ek vir jou dat ek volgens die weg wat hulle dwaalleer noem, die God van my vaders so aanbid deur alles te glo wat in die wet en in die profete geskrywe is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dít erken ek egter wel voor u: Die God van my voorvaders dien ek volgens ‘Die Pad’; hulle noem ons ’n splintergroep. Ek handhaaf alles wat in die wet voorgeskryf is en in die profeteboeke geskryf staan.
Afrikaans 1933/1953 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,
Afrikaans 1983 “Dit erken ek wel voor u: Ek dien die God van my voorvaders volgens die leer van Christus wat hulle 'n dwaalrigting noem. Ek glo nog steeds alles wat in die wet en die profete geskrywe staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit erken ek egter voor u: dat ek die God van ons voorvaders dien ooreenkomstig die Weg, waarna hulle as 'n sekte verwys. Ek glo alles wat volgens die Wet is en in die Profete geskryf staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar een ding is waar, ek is een van die mense wat behoort aan ‘ Die Pad.’ Die Jode sê ons is 'n groep mense wat verkeerde dinge glo. Ek aanbid die God van ons voorvaders en ek glo alles wat in die Wette van Moses geskryf is en alles wat die profete geskryf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “My aanklaers is wel reg op een punt: dat ek ’n lid is van daardie beweging van Christus wat hulle ’n sekte noem. Maar ek moet dadelik bysê dat ek nog steeds dieselfde God dien as wat my voorouers gedien het. Ek glo alles wat in ons Heilige Skrif staan. “En ek glo ook, net soos my voorouers,