Acts 24:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het My ook nie in die tempel gevind terwyl ek met iemand stry en die volk nie opgewek het nie, ook nie in die sinagoges of in die stad nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder het niemand my in die tempel gekry dat ek met iemand stry, of dat ek in die sinagoges of in die stad betogings organiseer nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of 'n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.
Afrikaans 1983 Niemand het my in die tempel of in die sinagoges of êrens in die stad gekry dat ek met iemand gestry of die skare tot oproer aangehits het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het my nie op die tempelterrein gevind waar ek besig was om met iemand te redeneer, of om 'n oproer onder die volk te veroorsaak in die •sinagoges of iewers in die stad nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Jode my in die tempel gekry het, was ek nie besig om met iemand te stry nie. Ek het ook nie mense opstandig gemaak nie, nie in die sinagoges nie, en ook nie op ander plekke in die stad Jerusalem nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis al. Niemand kan my daarvan beskuldig dat ek met een enkele persoon in die tempel gestry of dat ek ’n opstand onder die mense veroorsaak het nie. Ek het ook nie in een van die sinagoges of iewers op straat amok gaan maak nie.