Acts 24:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Paulus, nadat die goewerneur hom beduie het om te praat: Aangesien ek weet dat jy al jare lank 'n regter vir hierdie nasie was, antwoord ek vir myself des te meer blymoedig: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n teken van die goewerneur aan Paulus dat hy moet praat, het hy hom begin verweer: “Ek weet dat u al jare lange ervaring het van regspreek oor Joodse sake. Daarom stel ek my verweer met hoë verwagting. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al baie jare lank regter is, verdedig ek my saak met goeie moed, |
| Afrikaans 1983 | Op 'n teken van die goewerneur het Paulus begin praat: “Ek weet dat u al jare lank hierdie mense se regter is. Daarom verdedig ek my saak voor u met vertroue. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die prokurator vir Paulus die teken gee dat hy mag praat, het hy geantwoord: “Omdat ek weet dat u al baie jare as regter optree oor hierdie volk, verdedig ek my saak met graagte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die goewerneur het vir Paulus gewys dat hy mag praat. Paulus het vir hom gesê: “Ek weet jy is baie jare lank regter oor hierdie volk. Daarom wil ek graag vir jou sê dat ek onskuldig is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die goewerneur het met sy hand vir Paulus beduie dat dit nou sy beurt was om te praat. Paulus het toe gesê: “Ek weet dat u reeds baie jare oor ons regeer. Daarom is ek baie bly dat ek my saak voor u kan stel. |