Acts 24:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná vyf dae het die hoëpriester Ananias saam met die ouderlinge neergedaal en met 'n sekere redenaar met die naam van Tertullus, wat die goewerneur teen Paulus ingelig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vyf dae later het die hoofpriester Ananias saam met ’n paar van die familiehoofde en ’n advokaat, Tertullus, daar aangekom. Hulle het hulle aanklag teen Paulus aan die goewerneur voorgelê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vyf dae daarna het die hoëpriester Anan¡as met die ouderlinge en 'n sekere advokaat Tertullus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag. |
| Afrikaans 1983 | Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met 'n paar van die familiehoofde en 'n advokaat, Tertullus, daar aangekom. Hulle het voor die goewerneur verskyn om hulle aanklag teen Paulus in te dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met 'n paar familiehoofde, en ook 'n sekere Tertullus, 'n advokaat, daar aangekom. Hulle het hulle aanklag teen Paulus by die prokurator ingedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vyf dae het verbygegaan. Toe het die hoëpriester Ananias na goewerneur Feliks toe gekom. Daar het ook 'n paar ouderlinge en 'n advokaat saam met Ananias gekom. Die advokaat se naam was Tertullus. Hulle het vir die goewerneur kom sê wat Paulus verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met ’n paar Joodse godsdienstige leiers en ’n advokaat met die naam Tertullus in Sesarea aangekom. |