Acts 23:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n groot geroep ontstaan, en die skrifgeleerdes wat van die Fariseërs was, het opgestaan en stry en gesê: Ons vind geen onheil in hierdie man nie; maar as 'n gees of 'n engel met hom gespreek het, laat ons nie teen God veg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Hewige woordewisseling het toe ontstaan. Sommige van die skrifkenners uit die Fariseërparty het opgespring en baie heftig hulle saak gestel: “Ons vind niks slegs in hierdie man nie,” het hulle geskreeu. “Miskien het ’n gees of ’n engel met hom gepraat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe was daar 'n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as 'n gees met hom gespreek het, of 'n engel, laat ons nie teen God stry nie. |
| Afrikaans 1983 | 'n Hewige woordewisseling het toe ontstaan. 'n Paar skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgespring, heftig beswaar gemaak en gesê: “Ons het niks teen hierdie man nie. Miskien het daar 'n gees of 'n engel met hom gepraat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Groot geskreeu het toe ontstaan, en 'n paar van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs het opgestaan en hewig geprotesteer en aangevoer: “Ons vind geen kwaad in hierdie man nie. Sê nou 'n gees of 'n engel het met hom gepraat?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal het baie geraas en geskree. Party van die skrifgeleerdes wat ook Fariseërs was, het opgestaan en hulle het baie gestry en gesê: “Ons dink nie hierdie man, Paulus, het iets verkeerd gedoen nie! Miskien het 'n engel of 'n gees met hom gepraat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was definitief ’n engel wat daar by Damaskus met hom gepraat het. Of dalk ’n gees van een van ons voorvaders.” Hierdie woorde het die humeure net verder laat opvlam. |