Acts 23:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, geen engel of gees nie, maar die Fariseërs bely albei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want die Sadduseërs sê daar is geen opstanding nie, en ook nie engele en geeste nie; die Fariseërs glo weer dat al drie bestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei. |
| Afrikaans 1983 | Die Sadduseërs ontken dat daar 'n opstanding uit die dood is en dat daar engele en geeste bestaan, maar die Fariseërs aanvaar wel albei hierdie dinge. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, en ook nie engele of geeste nie, terwyl die Fariseërs bely dat dit alles bestaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gestry, want die Sadduseërs glo nie dat God die mense wat gesterf het, weer sal laat lewe nie. Hulle glo ook nie dat daar engele of geeste is nie. Maar die Fariseërs glo dit alles. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Sadduseërs het nie aan die opstanding van die dooies geglo nie; ook nie aan die bestaan van engele of geeste nie. Die Fariseërs het wel aan hulle bestaan geglo. Die vergadering het in chaos ontaard. Te midde van hierdie deurmekaarspul het ’n paar Fariseërs opgestaan en uitgeroep: “Hierdie man is onskuldig. Ons vind niks verkeerds met wat hy sê nie. |