Acts 23:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Paulus sien dat die een deel Sadduseërs en die ander Fariseërs was, het hy in die Raad uitgeroep: Manne en broeders, Ek is 'n Fariseër, die seun van 'n Fariseër; oor die hoop en opstanding van die dode is Ek ingeroep vraag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Paulus het besef dat ’n deel van die Joodse Raad Sadduseërs was en ’n ander deel Fariseërs, en daarom roep hy toe in die raad uit: “Geagte broers, ek is ’n Fariseër en ek is uit ’n Fariseërfamilie. Dit is oor my toekomsverwagting oor die opstanding van die dooies dat ek verhoor word!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is 'n Fariseër, die seun van 'n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg. |
| Afrikaans 1983 | Paulus het geweet dat die Raad deels uit Sadduseërs en deels uit Fariseërs bestaan. Hy roep toe in die Raad uit: “Broers, ek is 'n Fariseër en ek kom uit 'n familie van Fariseërs. Dit is oor die verwagting dat die dooies weer sal opstaan dat ek verhoor word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat Paulus geweet het dat sommige van hulle •Sadduseërs was en ander •Fariseërs, het hy in die Sanhedrin uitgeroep: “Manne, broers, ek is 'n Fariseër, die seun van Fariseërs! Op grond van die verwagting van die opstanding van die dooies word ek verhoor. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Paulus het gesien dat party van die lede van die Joodse Raad Sadduseërs is en dat party van hulle Fariseërs is. Daarom het hy hard voor die Joodse Raad gepraat en hy het gesê: “Vriende, ek is 'n Fariseër en my pa was ook 'n Fariseër. Ek glo en ek weet dat God mense wat gesterf het, weer sal laat lewe, dit is seker. Dit is hoekom ek vandag hier is en hoekom julle my moet oordeel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Paulus het geweet dat ’n deel van die Joodse Raad Fariseërs was en ’n ander deel Sadduseërs. Hy sê toe vir hulle: “Vriende, weet julle, ek self is ook ’n Fariseër. Ek kom uit ’n lang tradisie van Fariseërs. Dit is juis as gevolg van my geloof as Fariseër dat die dooies eendag weer sal opstaan dat ek nou deur u verhoor word.” |