Acts 23:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Paulus: Ek het nie geweet nie, broeders, dat hy die hoëpriester was, want daar is geskrywe: Jy mag geen kwaad spreek van die owerste van jou volk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jammer, broers. Ek het nie besef hy is die hoofpriester nie,” het Paulus gereageer. “Daar staan inderdaad geskryf: ‘’n Leier van jou volk mag jy nie beledig nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van 'n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarop antwoord hy: “Ek het nie geweet dat hy die hoëpriester is nie, broers. Dit ís soos daar geskrywe staan: Jy mag nie 'n leier van jou volk beledig nie. ” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Paulus antwoord: “Broers, ek het nie besef hy is die hoëpriester nie. Daar staan tog geskryf, ‘Jy mag nie sleg praat van 'n leier van jou volk nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Paulus het geantwoord: “Vriende, ek het nie geweet dat hy die hoëpriester is nie. Ek weet in die Ou Testament is daar geskryf: “ Jy mag nie slegte dinge sê van 'n leier van jou volk nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “My broers, ek het nie besef dat ek met die hoëpriester praat nie,” het Paulus geantwoord. “As ek dit geweet het, sou ek nie hierdie dinge gesê het nie. Ek weet immers dat daar in die Bybel geskryf staan: ‘’n Mens mag nie sleg praat van ’n leier van die volk nie.’” |