Acts 23:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal na jou luister, sê hy, wanneer jou beskuldigers ook kom. En hy het beveel dat hy in Herodes se regslokaal bewaar moes word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal jou verhoor sodra jou aanklaers kom,” het die goewerneur gesê. Toe het hy beveel dat Paulus in die paleis van Herodes onder arres gehou word. |
| Afrikaans 1933/1953 | sê hy: Ek sal jou in verhoor neem wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word. |
| Afrikaans 1983 | het hy gesê: “Ek sal jou verhoor sodra jou aanklaers kom.” Daarna het hy beveel dat Paulus in die paleis van Herodes bewaak moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hy gesê: “Ek sal jou verhoor sodra jou aanklaers opdaag.” Hy het toe beveel dat Paulus in Herodes se pretorium bewaak word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het hy vir Paulus gesê: “Ek sal wag totdat die Jode kom wat jou beskuldig, dan sal ek luister na wat hulle sê en wat jy sê, en dan sal ek besluit of jy verkeerd gedoen het.” En hy het vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus toesluit in die paleis wat Herodes gebou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarop het Feliks vir Paulus gesê: “Ek sal jou saak verhoor sodra jou aanklaers hier opdaag.” Hy het sy soldate beveel om Paulus intussen in Herodes se paleis op te sluit. |