Acts 23:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe daar aan my meegedeel is dat die Jode die man gewag het, het ek dadelik na jou gestuur en sy aanklaers bevel gegee om ook voor jou te sê wat hulle teen hom het. Vaarwel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ek verneem het daar is ’n komplot teen die man, het ek hom dadelik na u toe gestuur. Sy aanklaers het ek aangesê om hulle klagte teen hom aan u voor te lê.
Afrikaans 1933/1953 En omdat aan my meegedeel is dat daar deur die Jode 'n komplot teen die man sou gesmee word, het ek hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u te sê. Vaarwel!
Afrikaans 1983 Toe aan my meegedeel is dat daar 'n komplot teen die man gesmee is, het ek hom dadelik na u toe gestuur. Vir sy aanklaers het ek gesê om hulle klagte aan u voor te lê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En toe ek meegedeel is dat daar 'n komplot teen die man gesmee word, het ek hom dadelik na u gestuur. Ek het ook sy aanklaers beveel om hulle saak teen hom aan u voor te lê. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand het vir my kom sê dat die Jode 'n geheime plan gemaak het teen hom. Daarom het ek hom dadelik na jou toe gestuur. En ek het vir die Jode wat hom beskuldig, gesê hulle moet na jou toe gaan en hulle moet sê wat hy verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kort daarna is ek in kennis gestel dat die Jode agteraf besluit het om hom dood te maak. Daarom het ek hom ter wille van sy eie veiligheid so gou moontlik na u toe gestuur. Ek het ook sy aanklaers laat weet dat hy nou in u sorg is. Hulle moet hulle saak teen hom voor u kom stel. Groete.