Acts 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Paulus vir hom: God sal jou slaan, gewitte muur, want sit jy om my volgens die wet te oordeel en beveel dat ek in stryd met die wet geslaan moet word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop sê Paulus vir hom: “God gaan jóú klap, jou skynheilige! Hier sit jý om my volgens ons wet te verhoor, maar in stryd met die wet beveel jy dat ek geklap moet word!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word? |
| Afrikaans 1983 | Daarop sê Paulus vir hom: “God sal jou slaan, jou skynheilige! Jy sit hier om my volgens ons wet te verhoor, maar in stryd met die wet beveel jy dat ek geslaan moet word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Paulus vir hom: “God sal jou slaan, jou witgekalkte muur! Jy sit daar om my kragtens die wet te beoordeel, terwyl dit jy is wat in stryd met die wet opdrag gee dat ek geslaan word? ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Paulus vir hom gesê: “God sal vir jóú slaan, jy is so skynheilig soos 'n muur wat vuil is, maar iemand het wit verf daaroor gesmeer. Jy sit hier om na die wette te luister en om my te oordeel, maar jy doen self nie wat die wette sê nie, jy sê hulle moet my slaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dadelik het hy vir die hoëpriester gesê: “God sal jou hieroor straf, jou skynheilige! Jy is veronderstel om my volgens die voorskrif van die wet te verhoor. Maar nou tree jy in stryd daarmee op deur te beveel dat ek geslaan word nog voordat ek skuldig bevind is.” |