Acts 23:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie ek gesien het dat hy beskuldig word van vrae van hulle wet, maar dat hy niks opgelê is wat die dood of boeie verdien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het bevind dat die klag gaan oor twispunte in verband met hulle wet, verseker nie ’n klag wat die dood of tronkstraf verdien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en uitgevind dat hy beskuldig word oor twisvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangeklaag word van iets wat die dood of boeie verdien nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit blyk dat hulle hom aankla oor twispunte in verband met hulle wet, maar dat hy niks gedoen het wat die dood of tronkstraf verdien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vasgestel dat hy beskuldig word op grond van twispunte oor hulle wet, maar dat die aanklag teen hom niks inhou wat die dood of gevangenskap verdien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het uitgevind hulle beskuldig hom dat hy nie doen wat die Joodse wette sê nie. Dit is dinge waaroor die Jode baie stry. Maar hy het niks gedoen waaroor 'n mens hom moet doodmaak of in die tronk moet gooi nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe kom ek agter dat dit oor die een of ander godsdienstige verskil tussen hom en hulle gaan. Hulle het hom beskuldig dat hy hulle wet oortree. Hy het dus nie iets gedoen wat tronkstraf of die doodstraf verdien nie. |