Acts 23:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie man is van die Jode geneem en moes deur hulle doodgemaak word; toe het ek met 'n leër gekom en hom gered, omdat ek verstaan het dat hy 'n Romein was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie man is deur die Jode gearresteer en hulle was op die punt om hom te vermoor toe ek met my eenheid ingegryp het. Omdat ek agtergekom het dat hy ’n Romeinse burger is, het ek hom in beskerming geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hierdie man wat deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek met die soldate bygekom en hom gered, omdat ek verneem het dat hy 'n Romein is. |
| Afrikaans 1983 | “Die Jode het hierdie man gevang en hulle het op die punt gestaan om hom dood te maak toe ek met my soldate ingegryp en hom gered het, omdat ek te wete gekom het dat hy 'n Romeinse burger is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hierdie man is deur die Jode gegryp, en hulle was op die punt om hom dood te maak, toe ek en my soldate daarop afgekom en hom gered het, omdat ek verneem het dat hy 'n Romeinse burger is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Jode het hierdie man gevang en hulle wou hom doodmaak. Maar ek het gehoor dat hy 'n Romeinse burger is, en daarom het ek met soldate gegaan en ons het hom gaan red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hierdie man onlangs uit die hande van die Jode gered. Dit was nadat hulle hom daar in die tempel gevang het en op die punt was om hom dood te maak. Toe ek hoor dat hy ’n Romeinse burger is, het ek soldate gestuur om hom te red. |