Acts 23:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die owerste oor duisend die jongman laat vertrek en hom bevel gegee: Pas op dat jy aan niemand vertel dat jy hierdie dinge aan my te kenne gegee het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die offisier het hom toe dié opdrag gegee: “Moenie vir iemand sê dat jy dit vir my vertel het nie.” En hy het die jong man laat gaan.
Afrikaans 1933/1953 En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.
Afrikaans 1983 Die kommandant sê toe vir hom: “Moet vir niemand sê dat jy dit vir my vertel het nie.” En hy het hom toe laat gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die chiliarg het die jong man toe laat gaan, nadat hy hom beveel het: “Moet niemand vertel dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het vir die jongman gesê dat hy mag teruggaan huis toe. Hy het ook vir hom gesê: “Jy moenie vir iemand sê dat jy al hierdie dinge vir my vertel het nie!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na hierdie woorde het die bevelvoerder die jongman huis toe laat gaan. “O ja, moet onder geen omstandighede vir iemand anders hiervan vertel nie,” het hy bygevoeg.